Ontmoet vir Krok en Dil :
Dil hou van grappies vertel … maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak … maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag!
Die Boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek is vir beginnerlesers: Krok die kok, Vandag gaan ek nie lag nie en Krok in n rok.